Mosiehof: Banke soek N$30m in 43 aansoeke
Regters Nate Ndauendapo en Collins Parker het vanoggend se mosiehof-sessie in die hoofstad hanteer. Uit die 100 aansoeke vir verstekvonnisse, was vyf reël 108 aansoeke en ‘n totaal van 43 aansoeke is deur kommersiële banke gebring. ‘n Totaal van 16 eiendomme met uitstaande skuld van 26,5 miljoen Namibiese dollar word opgeëis en 24 lenings ter waarde van net meer as 3 miljoen dollar is betaalbaar. Drie voertuie moet ook terugbesorg word. In Maandag se sessie, hanteer regter George Coleman 32 onverdedigde egskeidings.