Mudge sê ook wat tydens Covid gedoen is, was onwettig
Reaksie word ontvang op die saak van die Health Defence League, onder die leierskap van die bekende tandarts, dr. Martin Wucher, wat dagvaar oor die Covid-inenting. Wucher, saam met ander aansoekers, eis in die hoërhof dat die regering bewys dat die Covid-entstof veilig is en erge Covid-infeksies verhoed. Hulle vra ook, onder andere, dat die vrywaring wat lede van die publiek onderteken het, ter syde gestel word. Die president van die Republikeinse Party, Henk Mudge, is deel van die liga en sê aan Kosmos 94.1 Nuus die optrede deur die regering was onwettig.