Mufamadi: VSA het weke gelede SA van wapens ingelig

Die direkteur-generaal van die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge, Zane Dangor sê internasionale wetgewing wat regverdig toegepas moet word, is een van die kwessies wat bespreek is deur ‘n spesiale Suid-Afrikaanse afvaardiging na die VSA. Dangor het saam met President Cyril Ramaphosa se spesiale raadgewer, Sydney Mufamadi, terugvoer gegee oor die besoek, wat daarop gemik was om Suid-Afrika se verhouding met Amerika te versterk. Mufamadi het op sy beurt bevestig dat die Amerikaanse regering Suid-Afrika weke gelede in kennis gestel het van die bewerings dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verskaf het. Hy sê Suid-Afrika sal neutraal bly met betrekking tot die oorlog in Oekraïne.