‘n Moedertaal is uiters belangrik
Internasionale Moedertaaldag word vandag wêreldwyd herdenk waartydens bewustheid oor kulturele diversiteit en veeltaligheid bevorder word. Alhoewel Engels die amptelike taal in Namibië is, word baie inheemse tale in die land gepraat en gerespekteer weens kulturele diversiteit. Unesco nooi sy lidlande om die dag in soveel tale as moontlik te vier as ‘n herinnering dat veeltaligheid noodsaaklik is vir volhoubare ontwikkeling. Die Namibiese ombudsman, Basilius Dyakugha, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus waarom dit belangrik is vir Namibiërs om hul moedertaal te praat.