Namibiese skoolvoedingsprogram in begroting ingesluit   

Die nasionale skoolvoedingsprogram in Namibië het ‘n prioriteit vir die regering geword as gevolg van die talle voordele wat dit vir leerders inhou. In die 2022-2023-boekjaar het die Namibiese onderwysministerie byna 89,2 miljoen Namibiese dollar aan mieliemeel bestee vir 461 829 kwesbare leerders in 1 514 laer- en gekombineerde skole landwyd. Mieliemeel word by plaaslike kleinskaalse boere en handelaars aangekoop as deel van die Homegrown-skoolvoedingsprogram. In 2021 het die Wêreld-voedselprogram en die ministerie 2,7 miljoen dollar aan dié program by 29 skole in sewe streke toegeken. ‘n Bykomende 5 miljoen dollar sal in die huidige boekjaar aan die Homegrown-skoolvoedingsprogram verskaf word.