Nam-owerhede wag vir WGO goedkeuring van Pfizer-pil

Talle Namibiërs wag op die sogenaamde Pfizer-tablet Paxlovid wat gebruik word vir die behandeling van Covid-19. Die registrateur van die Namibiese Medisyne Reguleringsraad Johannes Gaeseb sê plaaslike owerhede wag op die goedkeuring van die middel deur die Wêreldgesondheidsorganisasie maar voeg by, dit is nie ‘n voorkomende middel nie maar eerder een wat vir behandeling gebruik word.