Namibian Marine Phosphate se omgewingsimpakverslag is by Omgewingskommissaris ingedien
Namibian Marine Phosphate het ‘n onafhanklike omgewingspraktisyn aangestel wat die assesseringsfase voltooi het en die finale mariene-omgewings- en maatskaplike impak-verslag aan die omgewingkommissaris en relevante owerhede voorgelê het. Die maatskappy wil vir sy Sandpiper-projek, marienefosfaat naby Walvisbaai ontgin. Altesaam 133 belanghebbendes het amptelik as geraakte partye geregistreer en die verslag is beskikbaar gemaak vir openbare kommentaar voor dit aan die omgewingskommissaris oorhandig is. Tydens die konsultasieproses het die Konfederasie van Namibiese Vissery-verenigings kommer uitgespreek oor die impak op die mariene stelsel en visbronne, maar Namibian Marine Phosphate gee sy versekering dat die sy aktiwiteite nie diepsee-mynbou is nie.