Namibië benodig $15 miljard weens klimaatkrisis

President Hage Geingob het vandag ‘n toespraak gelewer by die Verenigde Nasies se Cop28 konferensie in Dubai, in die Verenigde Arabiese Emirate. Die konferensies is die wêreld se hoogste besluitnemende liggaam oor klimaatkwessies en een van die grootste internasionale vergaderings ter wêreld. Geingob sê Namibië is een van die lande wat erg onder die klimaatkatastrofe gaan deurloop, en benodig ongeveer 15 miljard Amerikaanse dollar om die gevolge van klimaatsverandering teë te werk.