Namibië koel terwyl SA sweet

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n kennisgewing uitgereik vir versengende temperature in dele van die land vandag en môre. Dit volg kort op die hakke van ‘n hittegolf verlede week wat vir ‘n paar dae geheers het, en nuwe rekords daargestel het. In Namibië lyk die prentjie egter heeltemal anders. Weervoorspeller Richard Nashikaku het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê baie koel temperature en reën word hierdie naweeki oor die binneland verwag.