Namibië moet ekonomiese waarde van wild besef

Namibië besef nie die ekonomiese waarde van sy natuurlike hulpbronne, soos sy wildlewe nie, sê dr. Alex Chikadel van die Universiteit van Florida. Hy werk saam met die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie om nagraadse studente, veral in die omgewingsministerie, in wildlewe-ekonomie op te lei. Dr. Chikadel werk in verskeie Kaza-lidlande soos Namibië, Zambië en Zimbabwe. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.