Namibië se 33ste Onafhanklikheidsvieringe in Omusati
Vanjaar se Onafhanklikheidvieringe van Namibië op 21 Maart sal by die Olufuko-sentrum in die Omusati-streek gehou word. Erginus Endjala, goewerneur van die streek, sê hulle verwag dat byna 15 000 mense na die streek sal kom vir die 33ste herdenking. Hy het bygevoeg dat dit ook sal help om die ekonomie van die streek ‘n hupstoot te gee, en hopelik die streek te bemark. Endjala het aangedui dat voorbereidings van die plaaslike komitee tot dusver in volle swang is. Die finansiële begroting vir die aanbieding van die herdenking van die dag sal na verwagting hierdie week bekend gemaak word.