Namibiese aktiviste vlieg mekaar in die hare
Namibiese aktiviste is besig om mekaar die hare in te vlieg. Dit wil voorkom asof die aktivis Michael Amushelelo wat die sowat 600 kontrakwerkers van Stad Windhoek in hul betoging ondersteun, sy visier op Job Amupanda gedraai het. Hy het Amupanda direk aangevat op sosiale media en sê hy wat ‘n aktivis is, is by Stad Windhoek en het reeds in 2019 met die werkers vergader oor vaste kontrakte. Hy sê Amupanda maak beloftes maar is nou stil oor die aangeleentheid. AR-aktivis George Kambala sê aan Kosmos 94.1 Nuus die stryd teen ongeregtigheid word op verskillende manier beveg.