Namibiese boek oor slange in boekwinkels beskikbaar

‘n Namibiese boek oor slange, My first book of Namibian Snakes, is bekend gestel en in boekwinkels beskikbaar. Die outeurs is die bekende slangkenners, Francois Theart en dr. Christo Buys. In die boek word 46 slangspesies bespreek en daar is meer 250 foto’s. Die boek is nie net vir kinders nie, maar ook vir die leek wat meer oor slang-identifikasie en hul gedrag wil leer. Die boek is beskikbaar by Namibia Book Market en Exclusive Books. Die uitgewer van die boek, Peter Reiner van Wordweaver, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.