Namibiese eierbedryf is selfonderhoudend en voldoende
Dis Paasnaweek en eiers is mos belangrik. Simonis Storm het na aanleiding hiervan, ‘n tong-in-die-kies ontleding van Namibië se eierbedryf gedoen. Die firma sê dat eierprodusente in die land meer as genoeg eiers produseer vir die plaaslike vraag, en dus, is dit die een bedryf in die land wat selfversorgend is. Terwyl daar ‘n effe afname was in 2020 en 2021, het die bedryf in 2022, 410 000 henne gehad wat 120 miljoen eiers geproduseer het. Nou toe, omelet, gekook, sunny side up of over easy… nes jy wil!