Namibiese gesondheidsministerie kry N$9,7 miljard
Die Namibiese gesondheidsminsiterie het 9,7 miljard Namibiese dollar in die begroting van die 2023-24-boekjaar ontvang. Meer as 700 miljoen dollar sal vir beleggings en die opknapping van gesondheidsgeriewe, werwing van mediese personeel, verkryging van farmaseutiese produkte en ambulanse aangewend word. Die minister van finansies Iipumbu Shiimi sê die Universele Gesondheidsdekking-beleidsraamwerk sal ook ontwikkel word.