Namibiese LGBTQ-gemeenskappe soek gelyke regte in hof

Aktiviste van die Namibia Equal Rights Movement gaan môre weer in die hooggeregshof wees in hul stryd vir die erkenning van selfdegeslag-huwelike. Volgende Maandag op 6 Maart sal die verhoor op die reg op burgerskap en familie plaasvind. Dié twee waterskeidende hofsake is in belang van gelyke behandeling van LGBTQ-gemeenskappe in Namibië. Omar van Reenen, stigter van die beweging, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die hofsake.