Namibiese sekuriteitswagte word steeds uitgebuit
Die Sekuriteits-vereniging van Namibië sê hulle merk toenemend op dat sekuriteitswagte nie volgens die minimum loon van die Arbeidswet betaal word nie. Hulle het hul kommer uitgespreek oor die onlangse tenders wat deur die Kunene-streeksraad en Namibia Post and Telecom Holdings toegeken is en dit aan owerhede rapporteer. Die vereniging hoop dat regstellende maatreëls ingestel sal word om te verseker dat billike en regverdige lone aan die sekuriteitswagte betaal sal word. Celeste Lucas, die nasionale administrateur van die vereniging gesels met Kosmos 94.1 Nuus…