Namibiese sportminister sê oor opgradering van stadion

Die Namibiese sportministerie het ‘n groter toekenning van 473,2 miljoen Namibiese dollar in die 2023/24-begroting gekry. Dit is ‘n skerp toename van meer as 140 miljoen dollar in vergelyking met die 330,9 miljoen dollar in die vorige boekjaar. Noudat die geld beskikbaar gestel gaan word om die nasionale stadion op die Fifa- en CAF-vereiste vlak te bring, het Kosmos 94.1 Nuus aan sportminister Agnes Tjongarero gevra wanneer die werk by die Onafhanklikheidstadion sal begin…