Namibiese veebemarking krimp in Januarie

Namibiese veebemarking, insluitend slagting en uitvoere, het in Januarie in die lewendehawe-sektor gekrimp, as gevolg van ‘n lae aanbod van slaggereed diere by beide plaaslike en uitvoer-abattoirs, volgens die Vleisraad. Bok-bemarking het in Januarie die grootste jaarlikse afname van 17,9 persent aangeteken, gevolg deur beeste met ‘n daling van 8,8 persent. Volgens Simonis Storm het skaap-bemarking die enigste toename van 4,2 persent op ‘n jaargrondslag aangeteken.