Namibiese vroue moet 2022 sonder vrees aanpak
Namibiese vroue en kinders was te lank aan geslagsgeweld blootgestel. Dit het daartoe gelei dat vroue hulself minder ag en nie veel te sê het in die samelewing nie. Met die nuwe jaar wat aangebreek het, moet vroue hul verantwoordelikhede in die samelewing sonder vrees en teistering van mans aanpak. Die eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê vroue moet hul regmatige posisies in die samelewing eis.