Namibiese weermag soek 1 500 nuwe lede
Die Namibiese weermag het advertensies vir rekrute in plaaslike media geplaas om nuwe lede te werf. Die weermag wil 1 500 nuwe lede werf. Daar is ‘n hele paar voorwaardes waaraan aansoekers moet voldoen soos ‘n sekere simbool in Engels en ‘n Covid-inentingsertifikaat. Rekrute moet ook binne ‘n sekere gewigsklas wees en ‘n fiksheidstoets aflê soos om 2,4 kilometer in onder 15 minute te hardloop. Weermag-mediabeampte Elizabeth Shaakuka het meer besonderhede van die vereistes.