Nampol: 98 640 misdaadgevalle in 2021-2022
Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo, sê 98 640 gevalle van misdaad is in die boekjaar 2021-22 aangemeld is, met die streke van Khomas, Oshana en Otjozondjupa met die hoogste misdaadsyfers, van onderskeidelik 32,8 persent, 10,7 persent en 8,6 persent. Kavango-Wes, Kunene en Omaheke het die minste misdaadgevalle aangeteken met onderskeidelik 1,3 persent, 1,5 persent en 2,9 persent van die totale aangemelde gevalle. Altesaam 2 521 verdagtes is in hegtenis geneem, insluitend 134 buitelandse burgers. Die beraamde straatwaarde van dwelms waarop beslag gelê is, was meer as 41,419 miljoen Namibiese dollar.