Nampol gesels oor padveiligheidsveldtog

Met die feesseisoen om die draai, het die Namibiese polisie en sy belanghebbendes onlangs sy padveiligheidsveldtog van stapel gestuur. Die veldtog sal tot Januarie volgende jaar duur. Alhoewel daar ‘n amnestie is vir bestuurders met uitstaande lasbriewe vir arrestasie, word padgebruikers versoek om steeds hul boetes te betaal, by padveiligheid te hou en seker te maak dat hul voertuie padwaardig is. Hoofinspekteur Rozario Coetzee van Nampol se verkeersdepartement het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.