Nampol-hoof maak misdaadstatistieke bekend
Die hoof van die Namibiese polisie luitenant-generaal Joseph Shikongo het vandag die misdaadstatistieke vir 2021-2022 bekend gemaak. Ernstige misdade wat die tydperk aangemeld is, was 324 gevalle van moord; 1 288 verkragtings; 2 743 roof met verswarende omstandighede; 4 783 geslagsgeweld-gevalle; 506 pogings tot moord; 249 gevalle van die rig van ‘n vuurwapen; 11 mensehandel; 3 278 diefstalgevalle; 2 171 dwelmhandel; 246 gevalle van brandstigting, 10 631 huisbraak en diefstal; en 389 sake van motorvoertuigdiefstal.