Naptosa versoek voltydse onderrig van leerders

Die Nasionale Professionele Onderwysers-organisasie van Suid-Afrika, Naptosa, het gevra dat voltydse onderrig van leerders teruggebring word wanneer skole vir die nuwe akademiese jaar heropen. Basil Manuel van Naptosa sê aansienlike skade is tydens die Covid-pandemie aangerig deur roterende aanlyn-skoolhou te gebruik. Hy sê leerders in laer grade sukkel om te lees.