Burgerlugvaart-owerheid gee reaksie op radarstelsel by Hosea Kutako
Die radarstelsel by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe is funksioneel, maar nie 100 persent nie, volgens die Namibiese Burgerlugvaart-owerheid. Die stelsel sukkel reeds ‘n geruime tyd sedert November. Die uitvoerende direkteur van die owerheid, Toska Sem, het vandag op vrae van Kosmos 94.1 Nuus oor die kwessie geantwoord. Sy sê die rede waarom daar tans geen radarstelsel is nie, is weens die implementering van nuwe sekuriteits-netwerk-toestelle. Sem sê die lugverkeerbeamptes is egter ten volle oplei en bekwaam om veilige prosedurele beheer toe te pas. Volgens haar sal die implementering van die sekuriteits-netwerk-stelsel teen 12 Julie voltooi wees.