Nege Covid-sterftes in ses distrikte aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het nege Covid-sterftes in ses distrikte aangemeld, asook 164 nuwe gevalle uit 996 toetsuitslae wat ‘n positiewe koers van 16,5 persent verteenwoordig. In die groep is 18 leerders, twee studente en een onderwyser. Daar is nou 10 777 aktiewe gevalle, waarvan 407 pasiënte in hospitale is en 29 in hoësorgeenhede. Altesaam 347 450 persone is ten volle ingeënt.