Nege gestremdes dood ná brand in ooste van Frankryk
Nege mense is dood en twee word vermis nadat ‘n brand uitgebreek het in ‘n gebou in Wintzenheim in die ooste van Frankryk, naby die grens met Duitsland. Die gebou het ‘n groep mense met gestremdhede gehuisves. Sewentien mense is uit die gebou gered, waarvan een in ‘n hospitaal opgeneem is. Reddingspogings gaan voort, maar plaaslike owerhede sê die vermiste mense het vermoedelik nie die brand oorleef nie.