NHE loop deur na grondaankope in Gobabis
Plaaslike media berig dat die Namibiese Behuisingsonderneming onder skoot kom vir die aankoop van grond in Gobabis – deur ‘n privaatmaatskappy en nie direk van die munisipaliteit nie, wat die prys van die grond opgestoot het. Luidens berigte het die maatskappy, Eagle Focus Investments, blykbaar die grond gratis by die Gobabis-munisipaliteit ontvang en vir 3 miljoen Namibiese dollar aan die onderneming verkoop. Die grond is net meer as 25 000 vierkante meter groot en kan 50 erwe huisves. Die onderneming moet nou ‘n verdere 19,3 miljoen dollar bestee om die huise te bou wat die besteding op die projek op 22,3 miljoen te staan bring. Die huise sal op hul beurt vir 22, 8 miljoen dollar verkoop word wat die winsmarge vir die onderneming inperk.