Nictus se wins styg met 181 persent
Die plaaslik genoteerde Nictus Holdings het ‘n wins na belasting van nagenoeg 5,95 miljoen Namibiese dollar vir die ses maande geëindig 30 September 2021 gerapporteer, sowat 3,8 miljoen Namibiese dollar of 181 persent meer as dieselfde halfjaar in 2020. Nictus se besturende direkteur, Philippus Tromp, het die maatskappy se sukses toegeskryf aan die vermoë om aan te pas by die voortdurend veranderende omgewing.