Nieu-Seeland/Afghanistan-toets afgestel na vyf nat dae
Krieket: Die heel eerste toets tussen Neu-Seeland en Afghanistan op ʼn veld naby Delhi in Indië is afgelas. Dit is die agste toets in bykans 150 jaar wat afgelas is sonder dat ʼn bal geboul is. Geen spel was moontlik op enige van die vyf geskeduleerde dae nie weens ʼn kombinasie van ʼn swak dreineringstelsel en nat weer. Die Groter Noida-veld sou die eerste keer ʼn toets aanbied maar sal moontlik nou sy toetsstatus verloor.