Nieu-Suid-Wallis onttrek 33 000 Covid-boetes 

Die Australiese staat, Nieu-Suid-Wallis het besluit om meer as 33 000 boetes te onttrek of terug te betaal wat uitgereik is vir oortredings van die Covid-inperkingsmaatreëls. Dit volg nadat daar in ʼn toetssaak bevind is sommige van die boetes is ongeldig. Die maatreëls het beperkinge op beweging vir reise en beweging buite die huis ingesluit. Die Redfern-regsentrum het die saak in Junie aanhangig gemaak namens drie eisers wat beboet is. Daar is bevind die kennisgewings het nie die oortreding volledig beskryf nie.