Nobel-stigting sluit Rusland, Belarus & Iran uit

Die Nobel-stigting het sy uitnodiging aan verteenwoordigers van Rusland, Belarus en Iran na vanjaar se Nobelprystoekennningseremonie in Stockholm teruggetrek. Dit volg ‘n dag na die amptelike aankondiging baie sterk reakse uitgelok het. Verskeie Sweedse wetgewers het gesê hulle gaan vanjaar se plegtigheid boikot weens die Russiese oorlog teen Oekraîne en menseregteskendings in Iran. Die omkering van die besluit word gesien as ‘n teken van solidariteit met die mense van Belarus, Oekraïne en Iran.