Nog geen datum vir Windhoek ampsdraers-verkiesing

Die Stad Windhoek bly sonder politieke leierskap nadat die geskeduleerde verkiesing van politieke ampsdraers op 9 Desember gekanselleer is weens ‘n gebrek aan kworum. Dit was die derde kansellasie van die verkiesing vir die burgemeester, onderburgemeester en lede van die stad se bestuurskomitee. Plaaslike media het berig dat opposisiepartye, wat 10 van die 15 setels in die Stad Windhoek-raad beklee, na verwagting Woensdag sou vergader om poste toe te wys. Kosmos 94.1 Nuus het met raadslid en voormalige Windhoekse burgemeester Fransina Kahungu gesels, wat sê ‘n nuwe datum om ampsdraers te kies is nog nie bekend gemaak nie.