Noord-Kaap moet opname oor vertraagde groei onder kinders doen

Die DA doen ‘n beroep op die Noord-Kaapse premier, Zamani Saul, om ‘n opname te doen oor vertraagde groei onder kinders. Minstens 216 000 kinders in die provinsie word geraak weens voedselonsekerheid en wanvoeding. Die DA se provinsiale woordvoerder vir Maatskaplike Ontwikkeling, Karen Jooste, beklemtoon dit is noodsaaklik om die oorsake te identifiseer ten einde fisiese en kognitiewe ontwikkeling te verbeter. Sy het sê vertraagde groei kan die provinsie se ekonomiese groei belemmer.