Noord-Kaap waarsku teen hittegolf

Die Noord-Kaapse LUR vir landbou, omgewingsake, landelike ontwikkeling en grondhervorming, Mase Manopole, doen ‘n beroep op boere om bykomende voorsorgmaatreëls te tref vir mense wat op plase werk tydens die huidige hittegolf. Die departement se woordvoerder, Zandisile Luphahla, sê verlede maand is minstens agt plaaswerkers dood, vermoedelik weens sonsteek.