Noorde-boere moet vee verkoop
Boere in die verre Noorde word aangeraai om eerder van hulle lewendehawe te verkoop, veral met die reën wat wegbly. Die boere is geneig om nie diere te verkoop nie omdat daar ‘n kulturele waarde aan hulle is maar, daar is ‘n risiko dat sou die reën wegbly, die diere verder waarde kan verloor. Kommer oor die lang afstande wat die diere moet loop na die naaste waterpunt dra ook tot gewigsverlies by. Die kommunale boere kon ook nog nie begin met aanplantings nie as gevolg van die droë toestande en uiterse hitte wat ervaar word. Boere word aangeraai om ouer diere te bemark en meer intensief met jonger kudde te boer.