Northampton Saints draf Bulle kaf
Rugby: Die Engelse kampioene Northampton Saints spog met ‘n uitsonderlike, verdedigings-bonuspuntoorwinning van 30-21 gister oor die Bulle in die tweede ronde van die Kampioenebeker op Loftus Versfeld in Pretoria. Die Bulle se kanse om deur te dring na die uitklopronde is nou in gevaar omdat hulle nog geen punte in Groep 3 ingesamel het nie. Hulle het net twee wedstryde oor om hulle seisoen in die kompetisie te red. In ander wegwedstryde gister het die Leicester Tigers die Haaie met 56 -17 geklop en die Stormers het met 16-53 teen Harlequins verloor.