NSFAF: Nanso sê hy wil weet wat die pad vorentoe is

Die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het gereageer op berigte dat daar voorbereidings onderweg is om die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente, NSFAF, te ontbind. Die fonds word gekritiseer as ‘n bodemlose put vir die elite. Dit is tans onduidelik of dit drastiese besnyding van die personeel en die salarisrekening sal behels indien die ministerie van hoër onderwys dit oorneem. Dylan Mukoroli, woordvoerder van die studente-organisasie, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle wil weet wat die pad vorentoe is en wag op antwoorde.