NSFAS moet sê hoe hy studente gaan beveilig

Die DA versoek die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente om sy planne vir die beveiliging van studente bekend maak ná die beëindiging van vier regstreekse-betalingskema-kontrakte. Dit volg nadat ‘n ondersoek die uitvoerende hoof, Andile Nongogo, se betrokkenheid by bod-evaluering en ‘n botsing van belange met diensverskaffer-aanstellings aan die lig gebring het. Chantel King van die DA versoek dat die fonds se raad voor die Parlementêre portefeuljekomitee oor Hoër Onderwys moet verskyn om die gevolge van hierdie besluit te bespreek en te verseker studente word nie nadelig geraak nie: