Nust en Finse universiteit doen haalbaarheidstudie oor Afrika-lugvaarsentrum op Keetmans

Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, Nust, en die Tampere Universiteit in Finland gaan ‘n haalbaarheidstudie doen om die AiRRhow Sentrum van Uitnemendheid vir Siviele Lugvaart vir Afrika op Keetmanshoop te vestig. Die sentrum sal opleiding in lugvaart-tegnologie aanbied. Die sentrum kan aanleiding gee tot die ontwerp en vervaardiging van vliegtuie, vliegtuig-instandhouding, lugredery-bedrywighede, lugverkeer-beheer, grondhantering, lugdiensbemarking en regulasies. Die plan is om die Afrika-lugvaartsektor, wat grootliks op toerisme staatmaak, ‘n hupstoot te gee deur ekonomiese groei, streeks-integrasie en verbeterde konnektiwiteit te ondersteun.