Nuwe Chinese ambassadeur wil bande versterk

China se nuwe ambassadeur in Namibië, Zhao Weiping, het sy medelye aan gemeenskappe wat geliefdes en eiendom tydens die vloede in die noorde van Namibië uitgespreek. Hy het China se ondersteuning aan die geraakte inwoners belowe. Ambassadeur Zhao sê China sal voortgaan om Namibië se maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling te ondersteun deur die versterking van bilaterale samewerking.