Nuwe Covid-19-gevalle in Suid-Afrika neem af
Die aantal nuwe Covid-19-gevalle wat deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes aangemeld is, het in vergelyking met Vrydag se totaal met meer as ‘n duisend afgeneem, tot sewe-duisend-759 gevalle. Die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal, Gauteng en die Oos-Kaap is weereens die provinsies met die grootste aantal nuwe gevalle. ‘n Verdere 119 Covid-19-verwante sterfgevalle is aangemeld, terwyl 140 mense Vrydag gesterf het. Die aantal hospitaal-opnames in die buurland het ook afgeneem, van 361 tot 126.