Nuwe Nigeriese leier vra vir versoening

Die verkose President van Nigerië, Bola Tinubu, het ‘n beroep op sy teenstaanders gedoen om te versoen. Hy het tydens sy aanvaardings-toespraak op televisie gevra dat politieke leiers sal saamstaan om die land op te bou. Die 70-jarige veteraan politikus is as wenner van die afgelope verkiesing verklaar. Hy het 37 persent van die stemme op hom verenig. Sy hoof-teenstander, Atiku Abubakar, het 29 persent van die stemme gekry. Opposisiepartye betwis egter die uitslag. Tinubu is een van Nigerië se rykste politici. Hy het sy verkiesingsveldtog gegrond op die feit dat hy die grootste stad, Lagos, herbou het toe hy die goewerneur was.