Oekraïne kan Rusland terugdruk, wapentuig is op pad – Wallace
Die Britse minister van verdediging Ben Wallace sê die Oekraïnse weermag het die vermoë om betekenisvolle vordering te maak in die oostelike deel van die land. Wallace voeg by dat wapentuig wat deur die Weste geskenk is en op pad is na die land, ‘n wesenlike verskil sal maak, veral in plekke soos die hawestad Odesa.