Oliestorting in Algoabaai bedreig kolonie Afrika-pikkewyne

Die Suider-Afrikaanse Stigting vir die Bewaring van Kusvoëls sê hy is bekommerd oor die kolonie Afrika-pikkewyne op St Croix-eiland in die Oos-Kaap na ‘n oliestorting in Algoabaai wat die kolonie kan bedreig. Die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid ondersoek die storting wat vermoedelik van die vragskip, MSC Apollo, kom. Die stigting sê die storting kan ook ander seevoëls soos witmalgasse en kormorante raak.