Omgewingsministerie ontplooi bote op riviere, damme

Die Wildprodukte-trustfonds het vier bote vir die Namibiese omgewingsministerie gekoop om wildmisdaad te voorkom en mens-dier-konflik te bestuur. Die bote sal ontplooi word in die riviere van Zambezi, Kavango, Kunene, Oranje, Chobe, Linyanti en Kwando, asook in die Hardap- en Nautedam.