Onluste: 61 vermeende aanhitsers weer in Mei ’23 terug in die hof

Een-en-sestig vermeende aanstigters van die openbare geweld in KwaZulu-Natal in Julie verlede jaar moet oor ses maande weer in die Landdroshof in Durban verskyn. Hulle was gister in die hof op aanklagte van openbare geweldpleging, en sal met waarskuwings op borgtog bly terwyl verdere ondersoeke aan die gang is. Natasha Ramkisson-Kara van die Nasionale Vervolgingsgesag het bevestig die saak is tot 12 Mei uitgestel: