Onoorwonne Australiese renperd Black Caviar dood op 17

Die onoorwonne renperd Black Caviar, bekend as die “Wonder from Down Under”, is op die ouderdom van 17 jaar dood. Die Australiese merrie het van 2009 tot 2013 ‘n rekordgetal 25 agtereenvolgende wedrenne gewen. Sy is op vier geleenthede as die wêreld se beste perd oor kort afstande gekroon, en het selfs op die voorblad van Vogue verskyn. Black Caviar het hoefontsteking gehad en is om menslikheidsredes van kant gemaak nadat sy Vrydag gevul het.