Ontleder sê klagtes teen Trump is belaglik

Die vervolging van oudpresident Donald Trump bly in die nuus. Trump sal homself môre na verwagting in New York aan owerhede oorhandig in verband met meer as 30 geseëlde klagtes na ‘n ondersoek oor die betaling van 130 000 Amerikaanse dollar aan pornoster Stormy Daniels. Die Amerikaanse politieke kommentator Scottie Nell Hughes sê aan Britse media die hele aangeleentheid is belaglik omdat in agt jaar, nadat die aan lig gekom het, is daar geen nuwe bewysstukke nie.